Thursday, March 23, 2006

Dink Bietjie


Letter to a local Afrikaans newspaper, called Die Volksblad
by/deur Nick van der Leek

Ek is verbaas om te lees dat mense soos Martha Dean nogsteeds briewe aan die Volksblad stuur oor Wim Botha se uitstalling by Oliewenhuis. In haar brief, Uitstalling breek hart (22 Maart) gebruik sy die word ‘Godslaterlik’ vyf keer om die installasies te beskryf.

Martha Dean se dan sy het self na Oliewenhuis toe gegaan, en was selfs daar voordat die uitstalling oopgemaak het, nog voor die openingsaand. Daarna skryf sy hoe ‘seer’ die uitstallings haar gemmak het, en dat die kunstenaar geen verskonings het nie.

Dit is interessant dat Christene so optree. As iemand vir jou se, “Daardie koek proe baie sleg,” maak dit sin om dan die koek te eet, daaroor te kla en dan ook die kok te kritiseer? Nee, bly liewers weg, los dit uit. Dit klink my Martha Dean en baie ander kyk, en glo, maar hulle dink nie. Die boehaai oor Botha se werk lok eintlik meer belangstelling daarin. Ek dink die uitstalling bied vir Christene iets om oor te gesels, iets om te wys hoe sterk is hulle geloof. Maar, as Christene werklik so onsteld is soos wat hulle getuig, het hulle ander maniere gesoek as om die uitstallings self te gaan sien, veral as hulle wou gehad het dit moes misluk. Hulle sou immers probeer het om nie aandag daaraan te lok nie. Hoekom hou Christene in Bloemfontein dan nie ‘n uitstalling wat se wat hulle wil se nie?

Botha, se Dean, is ‘n produk van Christlelike nasionale onderwys wat verkeerd geloop het. Is hy die engiste een? Ek self het groot geword in die Apartheidsjare, toe die NG kerk en Godsdiens gebruik was om onChristelike beginsels in die wit bevolking te indoktrineer. By my skool ook, was daar baie gebid en gesing, en ons was baie Godsdienstig, maar daar was ook gese: “By hierdie skool sal daar nooit swart studente wees nie.” En dit kort nadat gebid en gesing is. Dit is Godslasterlik, maar almal is natuurlik tjoepstil daaroor, want baie Christene in daardie jare was openlik rassisties. Baie glo rassissme – nou nog – is ‘n Christelike beginsel. In die bybel is ons gevra om selfs ons vyande life te he, om nie eers te praat van ander rasse nie. Die storie van die Samaritaan is ‘n goeie voorbeeld wat wys hoe mense van ander rasse vir mekaar moet omsien.

Selfs die mees suksesvolle Christen film ooit, The Passion of the Christ – wat seker Dean en ander se goedkeuring dra – is een van die mees geweldadigste en bloeddorstige films wat bestaan. Trouens, dit het verreweg die meeste geld verdien as enige van die ander ‘Jesus’ films. Oor $370 miljoen. As mens deur elke minuut van Passion gaan en ‘n nota maak van elke keer waar daar bloed, lyding, of geweld gewys word, dan gebeur die volgende:* Die eerste 10 minute gaan verby, maar in die volgende 109 minute, is daar net 6 minute sonder geweld, bloedvergieting of lyding. En Christene kies Passion as die film wat hulle Godsdiens die beste beskryf.

Dit se iets van ons ne? Die manieer hoe mense maandelank histeries geraak het oor kuns, in Bloemfontein in elkgeval, wys dat min mense, insluitende Christene, al wakker geword het.

*Inligting verkry uit Brian Flemming se: The God Who Wasn’t There.

No comments: