Friday, March 20, 2009

Politici en hul partye oordonder Suid-Afrikaners

Nou hoekom sal enige gelowige Sondag in die kerk wil sit om na Zuma of Helen Zille te luister? Daarvoor vind politieke byeenkomste mos elke dag in elke provinsie plaas. ’n Magdom inligting is vrylik beskikbaar oor elkeen van die 40 partye wat op 22 April aan die nasionale en provinsiale verkiesings deelneem.

G’n kerk hoef ’n spreekbeurt vir dié mense te skep nie - met of sonder sy gemeentelede se toestemming. Dat gelowiges vir die land se leiers wil bid, is te verstane. Maar dis darem ’n heel ander saak om Zuma voor in die kerk te laat staan sodat hy kan verkondig sy gunsteling-boek in die Bybel is Eksodus.

Uiteraard sal politici ’n uitnodiging van ’n pastoor soos Ray McCauley moeilik van die hand kan wys.

NVDL: Maybe Zuma likes Exodus so much because so many disenfranchised whites have been doing exactly that for the past decade or so.
clipped from jv.news24.com

As ek halfagt vanaand voor Sterkinekor se skerm no. 7 inskuif met my springmielies om na James Bond te kyk is ek presies daar om dié rede: om te fliek.

So doen kerkgangers op Sondae dieselfde. Hulle trek netjies aan en gaan kerk toe om ’n spesifieke doel: om te aanbid.

Ek het begrip vir die gemeentelede wat Sondag by die Rhema-megakerk in Randburg uitgestap het toe Jacob Zuma, ANC-leier, uit die niet daar verskyn het.

Ek sal ook by skerm no. 7 uitstorm as Zuma uit die bloute gou ’n toesprakie afsteek om te vertel sy gunsteling fliek is The Godfather en dat die ANC van plan is om ná die verkiesing miljoene rande in die plaaslike filmbedryf te belê.

Politici en hul partye oordonder Suid-Afrikaners.

 blog it

No comments: