Sunday, December 13, 2009

RAPPORT: Malema val ver, maar sweer wraak

SHOOT: Has Malema finally cooked his goose?
clipped from www.rapport.co.za

Toe Malema se aankoms aangekondig is, het kongresgangers hom luidkeels en lank uitgejou. Pandemonium het geheers.

’n Ontstelde Malema het daarop aangedring om die kongres toe te spreek, en toe die organiseerders weier, het hy hom gewip en uitgestap.

Die volgende dag is hy openlik van die podium af getart deur die SAKP-jeugleier, mnr. Buti Manamela. Manamela het na hom verwys as ’n drama queen – ’n term wat Malema verafsku – en Malema gemaan dat debat eerder as kinderagtigheid in die SAKP hoog aangeslaan word.

Die afgevaardigdes het ook spontaan ’n nuwe liedjie begin sing: “Malema, moenie met jou k*k hierheen kom nie.”

In ’n belangrike verwikkeling het mnr. Zwelinzima Vavi van Cosatu Malema nie verdedig nie, maar eerder aan die kongres gesê hy weet nie hoekom hulle sulke gedrag met ’n liedjie vereer nie.

Dit strook met Rapport se inligting dat die teenstand teen Malema verder strek as die SAKP, maar dat dit nog nie tot ontplooiing gekom het nie.

 blog it

No comments: