Thursday, February 21, 2008

Skokgolwe oor die hoofkampus (VOLKSBLAD)

DIE nuus dat 22 van die 23 koshuise van die Vrystaatse Universiteit (UV), insluitend stadskoshuise, se huiskomitees uit protes uit hul koshuise getrek het, het gister skokgolwe oor die hoofkampus in Bloemfontein gestuur.

Luidens ’n brief van dié huiskomiteelede het dié protesaksie hoofsaaklik te doen met die inwerkingstelling van die integrasiebeleid.

Die UV-bestuur het verlede jaar bekend gemaak dat wit en swart studente van vanjaar af persentasiegewys in geïntegreerde koshuise geplaas sal word.

By Henry Cloete

More.

1 comment:

Anonymous said...

Hoekom hoor die res van Suid-Afrika en die res van die wêreld van die traumatiese ondervinding van wit meisies, wat deur swart studente beledig en gedreig is met verkragting en vieslike taal verlede Vrydag nie? Dit is in die Volksblad berig, maar glo my, as dit andersom was, het CNN lankal wêreldwyd berig oor die rasistiese saak berig. Is rassisme dan slegs van blankes se kant verkeerd, maar ok vd ander kant??