Tuesday, January 27, 2009

Skare boe toe Luke ’n drie druk

Not sure how much love Luke can still have for the game after all this 'omstredenheid'. Guess this is a cautionary tale on to rather say too little than too much.
clipped from www.news24.com

Kaapstad. - Die Stormers het gister hier op Nuweland baie belofte vir die Super14-seisoen getoon toe hulle die Engelse rugbyklub Saracens met 43-33 geklop het.

Maar die omstrede Luke Watson kan vanjaar ’n groot turksvy word vir die tuisspan nadat hy deur ’n deel van die skare uitgejou is.

Behalwe die laaste 25 minute toe die kragmeting in ’n getjommel ontaard het, was dit ’n skaflike vertoning as ’n mens in ag neem wanneer laas die Stormers saamgespeel het.

Watson, wat in dié beweging ’n prominente rol gespeel het toe hy ver met die bal gehardloop het, is uitgejou.

Dit is duidelik dat daar nog baie water in die see gaan loop voordat hy vergewe gaan word vir sy uitlatings oor die Springbok-tru.

Selfs nadat Watson ’n drie gedruk het om die Stormers se voorsprong tot agt punte te rek, is hy weer uitgejou.

 blog it

No comments: