The farmers described these locusts - located near Orania - as a cloud. One way to persuade them to move on is to light numerous fires and scatter these between the croplands. Must be a horrifying experience as a farmer to see all your hard work disappear in a few seconds thanks to these monsters.
HOPETOWN. – ’n Uiterste magteloosheid beklem die hart as ’n enorme swerm ontelbare sprinkane op ’n besproeiingland baba-mielieplante neersak om die brose groenigheid in ’n oogwink tot stomp stingels af te vreet. Dié absolute verwoesting vandeesweek van jong mielie- en springmielieplante op agt reuse spilpuntbesproeiingslande van mnr. Willem Bornman van Rooipan, buite Orania, was vir sy persoonlike assistent en vriendin ’n bykans onbeskryflike ervaring. Verlede Sondag het ’n swerm sprinkane van byna 10 km in lengte ’n U-draai anderkant die plaas gemaak, op die lande neergestryk en die plante opgevreet.
|
No comments:
Post a Comment