Friday, May 18, 2012

Sarie Kompetitisie: Het jy fotos of 'n fotograaf nodig? Kontak my dadelik. Inskrywings sluit Mei 23!

HOE WERK DIE WEDSTRYD
Jy moet minstens 18 jaar oud wees en ’n SA of Namibiese burger. Inskrywings (pos en aanlyn) sluit 23 Mei 2012.
Die beoordelaars sal 35 semi-finaliste aankondig wat in die Julie-uitgawe sal verskyn. Hieruit sal 10 finaliste gekies word, wat deur SARIE vir die September-uitgawe afgeneem sal word.
Daarna sal lesers aanlyn op sarie.com vir hul gunsteling kan stem. Dié stemme sal saam met die beoordelaars s’n tel om die wenner aan te wys. Sy sal op die November 2012-voorblad van SARIE verskyn.

WAARNA KYK ONS?
* Jou gesig moet die praatwerk doen. Dit moet kopers lok om SARIE van die rak op te tel.
* Oë, oë, oë. Jou oë moet léwe – hulle moet sprankel.
* ’n Aanloklike glimlag en mooi tande.
* Jy moet oop, vriendelik, warm en gemaklik met jouself wees. ’n Foto verklap als.
* Vroue wil jou beste vriendin wees, mans wil jou uitvra!
* ’n Lewenslus en energie wat INSPIREER.
* Nee, nie beeldskoon nie, en nee, nie noodwendig ’n model nie: net ’n natuurlike skoonheid. Vir een keer hoef jy nie so slank en lank soos ’n model te wees nie.
* Positief en trots Suid-Afrikaans.
WAT KAN JY WEN?

1ste plek
• Jy verskyn op SARIE se November 2012-voorblad
• Jy wen R50 000 kontant van Clicks
2de plek
• Jy wen R5 000 kontant van Clicks
Elk van die 10 finaliste kry ’n geskenkpak van Clicks en R1 000 kontant.
ONS "VENNOTE"


NB: SÓ MOET JOU FOTO'S LYK WAT JY INSKRYF

1. ’n Kop-en-skouers-foto – jy moet direk na die kamera kyk

2. ’n Kop-en-skouersfoto teen ’n 45°-hoek terwyl jou oë steeds direk na die kamera kyk.




3. ’n Vollengte-foto. Onthou, al 3 jou foto’s moet in kleur wees.
* Foto’s wat aanlyn opgelaai word, kan 72 DPI wees met ’n maksimum van 4 MB elk.

Vir fotos bel Nick van der Leek by 08 44 11 44 91, of per epos: nickvanderleek@gmail.com

No comments: