“Hy het gekla van naarheid, hoofpyn, hoë koors en ’n keelinfeksie. Hy is by die Crompton-hospitaal in Pinetown getoets.
“Dokters het vasgestel dat hy ’n virale en nie bakteriële infeksie het. Die ander speekseltoetse is weggestuur laboratorium toe.
“Hy is dadelik op Tamiflu gesit. Dokters sê dít is die medisyne wat mense moet gebruik as hulle varkgriep het. Maar ons wag nog vir sy uitslae om vas te stel of hy dit beslis het,” het sy gesê.
SHOOT: Wonder if they will call the gala off?
Die virus H1N1 het moontlik nou ook sy tande geslaan in lede van die Suid-Afrikaanse swemspan. Twee swemmers in die span, Charl van Zyl (18) en Graham Moore (20), wat vandag aan die Suid-Afrikaanse kortbad-swemkampioenskap in Pietermaritzburg sou deelneem, wag nou om te hoor of hulle met die H1N1-virus (varkgriep) besmet is.
Dié kampioenskap word oor ’n tydperk van vier dae gehou en sal tot Maandag aan die gang wees.
Daar is moontlik ander spanlede benewens Van Zyl en Moore asook die Suid-Afrikaanse swemafrigter, Graham Hill, wat nou vir die uitslae op hul speekseltoetse wag.
Moore se ma, Laetitia, het gister aan Volksblad gesê sy is nogal bekommerd oor haar seun se uitslae.
“Ek het Graham Donderdag dadelik na ’n kliniek in Johannesburg gebring. Sy koors was baie hoog. Ek het hom nog nooit só siek gesien nie.
Ons was drie en ’n half uur lank by die kliniek. Hulle moes hom op ’n drup plaas en die dokter sê sy bloedtoetse wys hy het beslis ’n virale infeksie. |
No comments:
Post a Comment