“Mnr. Terre’Blanche, ek sal loop, maar ek wil net sê: Net soos wat u trots is op waarvoor u staan, is Beeld nie skaam om te sê hy beywer hom vir ’n nuwe en regverdige Suid-Afrika waar daar plek is vir al sy mense nie.”
Terre’Blanche was ’n oomblik stil.
Toe sê hy: “Jy lyk na ’n eerbare man. Jy kan maar bly.”
SHOOT: Interesting encounter with ET...
By die Holiday Inn in Pietersburg waar ons bymekaargekom het, het die AWB-manne se oë gerek toe hulle hoor Beeld se man is ook onder die joernaliste wat sou saamgaan. Die opleidingskamp was op ’n plaas sowat 30?km buite die dorp.
“Jý is nie genooi nie. Ons sal eers by ‘Die Leier’ toestemming moet kry,” het ’n AWB-lid gesê.
“Wag julle hier. Hier is ’n ongenooide gas en ons moet eers by ‘Die Leier’ gaan hoor of hy welkom is,” is ons meegedeel.
’n Ruk later het ’n bakkie van die plaashuis se rigting aangery gekom.
Een van die passasiers was mnr. Eugène Terre’Blanche.
Die TV-kameras het begin rol toe Terre’Blanche nader gestap kom.
Die AWB-leier het ooglopend vir die kameras gespeel.
“Wie van julle is van Beeld?” het hy gebulder.
Ek het my hand opgesteek.
Terre’Blanche het nader geloop. Die TV-kameras was steeds op hom gerig.
Hy het voor my kom staan en sy vinger na my gewys.
“Trap van Afrikaner-grond af. Julle (Beeld) het mos die Afrikaner uitverkoop!” het hy my toegesnou.
|
No comments:
Post a Comment