SHOOT: He'd be a fool not to...
Bloemfontein - Oliewenhuis in Bloemfontein word binnekort die hoofkwartier van die omstrede ANC-jeugligaleier, mnr. Julius Malema.
Malema verhuis Bloemfontein toe en dié geliefde kunsmuseum, voorheen die woning van die land se staatspresidente, gaan voortaan Malema-huis heet.
Voorts wil hy rassekwessies aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) dophou en glo hy dat hy ondersteuning hier sal kry, “omdat leiers van die UV hom as toekomstige president van die land beskou”.
Die Mangaung-munisipaliteit se segspersoon, mnr. Sergio April, sê op ’n spesiale raadsvergadering is besluit om Harrismithstraat, waarin Oliewenhuis geleë is, op Sondae tussen 12:00 en 16:00 te sluit.
’n Woordvoerder van die ANC-jeugliga, mnr. Avril Phoolle, sê hulle beplan die skuif reeds geruime tyd. “Oliewenhuis is ’n baken van die ou apartheidsregerings. Ons sal uit die aard van die saak verskeie veranderings aan die gebou, soos hy nou is, moet aanbring.”
|
No comments:
Post a Comment