Showing posts with label artist Casey van der Leek. Show all posts
Showing posts with label artist Casey van der Leek. Show all posts

Monday, February 04, 2008

Vincent


What could be more tragic than living a penniless existence, being driven to despair to the extent that you slice off your ear, all your efforts are laughed at and derided, and then post-humously celebrated.

It is a measure of just how flip society is (at a particular moment in time) that today Vincent van Gogh is celebrated for drawings [that] include some of the world's best known, most popular and most expensive pieces.*

Before his suicide at age 37 the Dutch artist had sold only one of his pieces. He described the painting of it thus:
"... we saw a red vineyard, all red like red wine. In the distance it turned to yellow, and then a green sky with the sun, the earth after the rain violet, sparkling yellow here and there where it caught the reflection of the setting sun."
The painting Red Vineyard at Arles (pictured below) was sold for 400 French francs (about R670).

Vincent's suicide was also tragic for a variety of reasons. He walked into a field and shot himself in the chest, but died only two days later, not realising that the wound was fatal. One could argue it was not an intentional suicide. His brother - who shared a very close bond and had supported Vincent financially throughout his life - could not get over his brother's death and died 6 months later.

Vincent's last words: "the sadness will last forever". Van Gogh is probably the artist that has inspired my brother (a professional artist) most.

*Quoted from Wiki.

Tuesday, November 06, 2007

Bloem-Skilder volg in oupagrootjie se spore

Elretha Britz

As die Suid-Afrikaanse meesterskilder Thinus de Jongh jou oupagrootjie was, het jy ’n goeie kans om ook kunstig te wees. Casey van der Leek het meer as net ’n “goeie” deel van sy oupagrootjie se talent geërf – hy ontwikkel self in ’n meester en maak ’n lewe uit kuns, ondanks twee ingenieursgrade.

Dié Bloemfonteiner van dertig-plus hou sy eerste openbare uitstalling van Donderdag in die Crouse-galery.

Casey, ’n oudleerling van Grey-kollege, was van jongs af gefassineer deur kuns, maar toe hy op 13 ’n TV-dokumentêr van Thinus de Jongh sien, het hy dit sy werk gemaak om meer daaroor te leer. Só doelgerig was hy dat hy sy skoolwerk verwaarloos het.

Hy het onophoudelik met kleur en vorm geëksperimenteer en boeke oor die groot meesters soos Rembrandt, Turner, Goya, Monet, Renoir en Vincent van Gogh verslind.

Sy sielsgenoot, sê hy, is Van Gogh omdat hy met brutale eerlikheid en eenvoud uitdrukking aan homself op doek gegee het.

Toe dit tyd word dat Casey op ’n loopbaan moet besluit, het hy nie kuns gekies nie, maar ingenieurswese. Die wetenskappe het hom ook gefassineer.
Hy het aan die Universiteit van Kaapstad gaan studeer wat ’n nuwe kunswêreld aan hom openbaar het.

Daar was hy na aan die natuur, aan plekke soos Franschhoek, die wind verwaaide Kommetjie en Kaappunt, die Boland se wingerde. Hy het naweek ná naweek die omgewing verken en dit met heelwat subjektiwiteit in skilderye vasgelê.

Die inkomste uit die verkoop van dié skilderye het vir sy twee grade betaal – siviele en elektroniese ingenieurswese.

Sy kuns het egter dringend geroep al was hy hoe goed gekwalifiseer. Ná sy studie in 2001 het hy teruggekeer Bloemfontein toe waar hy heeltyds skilder.

Sy werke vind voortdurend hul pad na kunsliefhebbers oorsee, daarom dat hy nou eers genoeg voorraad vir ’n uitstalling het.

Die grootste deel van sy versameling bestaan uit olieverfwerke, maar daar is ook sketse en ’n waterverf. Die tonele is land- en seeskappe van Kaapse plekke soos Franschhoek, die Seweweekspoort en Slanghoekvallei.

Casey deel die uitstalling met Elmarie Weich, wat kunsskeppings van glaskrale en leer maak.

NVDL: Casey's first exhibition is Thursday this week in Bloemfontein. Thanks J for this piece.