Showing posts with label Die Volksblad. Show all posts
Showing posts with label Die Volksblad. Show all posts

Friday, February 22, 2008

UV-kampus lyk soos slagveld


STUDENTE aanskou die groot vuur wat voor Huis Abraham Fischer op die UV-kampus aangesteek is. Foto: Charlé Lombard

TOE die son gisteroggend oor Bloemfontein opkom, het die kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV) soos ’n slagveld gelyk.

Brandende motorbande en sement-asdromme wat paaie versper, ruite van verskeie akademiese geboue wat stukkend gegooi word, klappers wat oral ontplof en swaaihekke wat afgebreek en op groot vuurhope gegooi word, was die vorige aand die toneel op dié kampus toe koshuisinwoners die kampus in chaos gedompel het.

’n Magdom swaar gewapende polisiebeamptes het eergisteraand kort voor middernag die
kampus betree en kalmte afgedwing deur studente in hul koshuise in te dwing met hul wapens.

Onluste het uitgebreek nadat huiskomitees van voormalige wit en swart koshuise besluit het om uit protes teen die UV-bestuur uit die koshuise te trek.


Deur Henry Cloete.
More.


NVDL: Notice how we're seeing more and more violent protests at educational institutions - from high schools to universities. Now even the 'civilised' youth are learning what sort of terror tactics get attention. Can anyone blame them? Fires work, so does shooting with a lot of video camera and pre-planned content. What is noteworthy about this is that this is a large bunch of disenfranchised white kids. I like the fact that they are showing their obvious dissatisfaction. I'm not sure if I approve of their methods, but it's probably more effective than blogging. Then again...

Friday, February 08, 2008

Glimlaggende Selebi is simbolies van krisis

DIE glimlaggende skandemaker- nasionale polisiehoof van Suid-Afrika, komm.
Jackie Selebi, se hofverskyning Vrydag simboliseer die omvang van die morele en
regeringskrisis
waarin die land is.

En met watter klaarblyklike gebrek aan erns sommige hooggeplaaste ANC-lede bewerings van ernstige vergrype hanteer.

Dit laat net só ’n wrang smaak na as die helde-afskeid wat ANC-hoës vir die beroulose bedrieër Tony Yengeni destyds gegee het – voordat hy ’n fraksie van sy vonnis sou uitdien en met sy gedrag ’n verdere bespotting van die regsprose gemaak het. Yengeni is pas weer tot een van die hoogste leiersposte in die ANC verkies.

Toe die reuse-elektrisiteitskrisis, wat die land miljarde rande gaan kos, in die parlement bespreek is, was daar ook tyd vir grappies. Kinderagtige raad, soos dat vroeg gaan slaap moet word, is gegee.



For more, go here.

Tuesday, November 06, 2007

Bloem-Skilder volg in oupagrootjie se spore

Elretha Britz

As die Suid-Afrikaanse meesterskilder Thinus de Jongh jou oupagrootjie was, het jy ’n goeie kans om ook kunstig te wees. Casey van der Leek het meer as net ’n “goeie” deel van sy oupagrootjie se talent geërf – hy ontwikkel self in ’n meester en maak ’n lewe uit kuns, ondanks twee ingenieursgrade.

Dié Bloemfonteiner van dertig-plus hou sy eerste openbare uitstalling van Donderdag in die Crouse-galery.

Casey, ’n oudleerling van Grey-kollege, was van jongs af gefassineer deur kuns, maar toe hy op 13 ’n TV-dokumentêr van Thinus de Jongh sien, het hy dit sy werk gemaak om meer daaroor te leer. Só doelgerig was hy dat hy sy skoolwerk verwaarloos het.

Hy het onophoudelik met kleur en vorm geëksperimenteer en boeke oor die groot meesters soos Rembrandt, Turner, Goya, Monet, Renoir en Vincent van Gogh verslind.

Sy sielsgenoot, sê hy, is Van Gogh omdat hy met brutale eerlikheid en eenvoud uitdrukking aan homself op doek gegee het.

Toe dit tyd word dat Casey op ’n loopbaan moet besluit, het hy nie kuns gekies nie, maar ingenieurswese. Die wetenskappe het hom ook gefassineer.
Hy het aan die Universiteit van Kaapstad gaan studeer wat ’n nuwe kunswêreld aan hom openbaar het.

Daar was hy na aan die natuur, aan plekke soos Franschhoek, die wind verwaaide Kommetjie en Kaappunt, die Boland se wingerde. Hy het naweek ná naweek die omgewing verken en dit met heelwat subjektiwiteit in skilderye vasgelê.

Die inkomste uit die verkoop van dié skilderye het vir sy twee grade betaal – siviele en elektroniese ingenieurswese.

Sy kuns het egter dringend geroep al was hy hoe goed gekwalifiseer. Ná sy studie in 2001 het hy teruggekeer Bloemfontein toe waar hy heeltyds skilder.

Sy werke vind voortdurend hul pad na kunsliefhebbers oorsee, daarom dat hy nou eers genoeg voorraad vir ’n uitstalling het.

Die grootste deel van sy versameling bestaan uit olieverfwerke, maar daar is ook sketse en ’n waterverf. Die tonele is land- en seeskappe van Kaapse plekke soos Franschhoek, die Seweweekspoort en Slanghoekvallei.

Casey deel die uitstalling met Elmarie Weich, wat kunsskeppings van glaskrale en leer maak.

NVDL: Casey's first exhibition is Thursday this week in Bloemfontein. Thanks J for this piece.

Tuesday, October 23, 2007

Nobel Pryswenner/Navorser geskors ná uitsprake

Die Nobelpryswenner en mede-ontdekker van die DNS-struktuur, dr. James Watson (79), is deur sy navorsingsinstansie in New York geskors ná uitsprake wat hy meer as ’n week gelede gemaak het.
deur Elsabé Brits

Watson het in ’n onderhoud met die Britse Sunday Times gesê hy is inherent mismoedig oor die toekoms van Afrika omdat “al ons maatskaplike beleide gegrond is op die feit dat hul intelligensie dieselfde is as ons s’n – terwyl al die toetse sê dit is nie regtig so nie”.

Hy het gesê daar is ’n natuurlike behoefte dat alle mense gelyk moet wees, maar “mense wat met swart werknemers te make het, vind dit nie waar nie”. Watson, wat die sentimente ook in ’n nuwe boek uitlê, skryf: “Daar is geen vaste rede om te verwag dat die intellektuele kapasiteite van mense wat geografies verwyderd is in hul evolusie, identies moes ontwikkel het nie.”

Nadat dié uitsprake gepubliseer is, is ’n toespraak wat hy by die Britse Wetenskapmuseum moes hou, gekanselleer, berig die BBC. Die uitsprake het in wetenskaplike kringe wêreldwyd opslae gemaak.

Die Cold Spring Harbour Laboratory, Watson se navorsingsinstansie in New York, waaraan hy kanselier is, het besluit om sy administratiewe verantwoordelikhede op te skort, hangende “verdere oorweging deur die raad van trustees”, is in ’n verklaring gesê.

Dit kom ná ’n verklaring wat op 17 Oktober deur die raad van trustees van Cold Spring Harbour uitgereik is waarin hulle hulle van sy uitsprake distansieer.

“Die raad van trustees, administrasie en fakulteit verskil heftig van die uitsprake en is verbysterd en hartseer as dit wel gemaak is. Cold Spring Harbour doen nie enige sulke navorsing wat die grondslag vorm van sulke uitsprake wat aan dr. Watson toegedig is nie,” lui die verklaring.

From Die Volksblad, thanks J.

NVDL: An interesting thing to consider when looking at why various tribes of people differ, is the climate they live in. It seems to me that people who languish in the tropics tend to be less productive, because they don't need to be productive to start off with. You go for a walk, fetch a coconut and some fruit, and you're set. Whereas if you're hiking around the Alps, or guardian your salt mine somewhere in the Caucasus or Austria, life is a lot tougher.

In general, when we have less to do, we are even less capable of doing anything. One would think with more time and rest and less stress, given the opportunity, we'd start doing all those things we need to do. We know this is often not the case, no matter who you are.

Wednesday, October 10, 2007

Bloem Residents Furious At Proposed Landfill Project


Naval Hill identified to provide landfill for Kimberley’s Big Hole

The Mangaung Municipality has published tenders in a local newspaper (Die Volksblad) asking private enterprises to get involved in the Kimberley Hole Refill Project. Construction and long distance trucking companies have been identified as candidates who may be awarded the multi-million rand KHRP contract.

The ‘Friends of Naval Hill’ and a local residents association have declared that they will oppose the civil project, and co-ordinate a protest in the city streets, despite the Project's endorsement and approval at local government level.

Bloemfontein City major is quoted in the local paper as saying: "Naval Hill is a blight on the city, and is prime land. We have voted on the issue and it was unanimous. We would like landscape the hill into a more practical urban development [in order] to use this valuable property for parks, low cost townhouse developments and a new office complex.”

The tender process is expected to be completed by the end of October 2007.
For more information visit: http://www.aprilfoolsdaytoday.com/
Note: This is a fictitious article to test gullibility.