Wednesday, June 06, 2007

Crime Strikes Ryk's Family


Above image courtesy Die Volksblad

I'm unhappy to have read in today's paper about some more hard knocks against the Neethling family. A friend of mine was at Eunice when Elsje was diagnosed and operated on 13 years ago. It is a terrible unseen force to have to live with, and now a growth has appeared in her back. Good to know Elsje is in good hands (the original doctor that treated her successfully).

From the report below:

Having heard the diagnosis Jean Marie flew up (she had been writing exams) to be with her parents at Elsje's bedside.
On the way back from the airport her mom San Marie was injured when a man broke the window of her car. She gave up her cellphone at knifepoint, her husband then sped away.


Mrs Neethling echoes my own sentiments: Bloem is better than Jburg, certainly in terms of crime and personal safety.


Misdaad tref Ryk se gesin
Jun 06 2007 12:01:23:730AM - (SA)
Dirk Kok

TERWYL die Suid-Afrikaanse swemmer Ryk Neethling se ouers met die siekte van hul middelste kind ’n traumatiese tyd beleef, was hulle ook die slagoffers van misdaad in Johannesburg.

Mnr. Ryk Neethling, bekende prokureur van Bloemfontein, sy vrou, San-Marié, en hul jongste kind, die swemmer Jean-Marié, was Maandagaand by ’n verkeerslig in Beyers Naudé-rylaan die slagoffers van ’n breek-en-grypdief.

Mev. Neethling het kneuswonde waar die rower haar in die gesig geslaan het en ligte snywonde van die glas van die passasiersruit wat langs haar kop stukkend geslaan is.

Die Neethling-egpaar staan hul dogter Elsje, verslaggewer van Volksblad, in die Wilgeheuwel-hospitaal in Randburg by. Sy het as kind breinkanker gehad en ’n gewas is nou in haar rug gekry.

Elsje het Maandag ’n biopsie ondergaan waarna die gesin gehoor het die gewas kan moontlik kwaadaardig of gevaarlik wees.

Net ná dié slegte nuus het die egpaar vir Jean-Marié op die O.R. Tambo-lughawe gaan haal om haar by die gesin in Johannesburg aan te sluit. Jean-Marié, ’n matriekleerling aan die Hoërskool Sentraal, het verlede week in Bloemfontein agtergebly om eksamen te skryf.

Op pad terug van die lughawe af na hul kind in die hospitaal, het die rower op hul motor toegeslaan.

Mev. Neethling vertel: “Ons het by die eerste verkeerslig op die Beyers Naudé-afrit vir die rooi lig gestop. Dit het soos ’n geweerskoot geklink toe die ruit langs my breek.

“Die volgende oomblik het die rower my gegryp. Ek is met die vuis geslaan. Ons het nie geweet wil hy ons kaap of wat hy wil hê nie.

“Toe ek sy mes sien, het ek besef ek moet hom iets gee. Ek het hom my selfoon gegee en Ryk het op die regte oomblik vet gegee en weggejaag.

“Ons sien uit daarna om in Bloemfontein terug te wees. Ek weet nie hoe mense met soveel vrees kan leef nie. Bloemfontein bly maar die beste.”

Sy en haar man sê die voorval was vir hulle en hul kinders baie traumaties.

Mev. Neethling sê verdere toetse word deur dokters gedoen om te besluit watter behandeling die beste vir Elsje gaan wees. “Sy is in goeie hande. Haar dokter is prof. Mauritz van den Heever, die neurochirurg wat haar 13 jaar gelede suksesvol vir breinkanker geopereer het.”

Ryk jr., wat in Arizona vir die volgende wêreldbyeenkomste oefen, gesels daagliks met sy ouers en siek suster oor die telefoon.

No comments: