Showing posts with label Ben Schoonwinkel. Show all posts
Showing posts with label Ben Schoonwinkel. Show all posts

Thursday, February 21, 2008

Skokgolwe oor die hoofkampus (VOLKSBLAD)

DIE nuus dat 22 van die 23 koshuise van die Vrystaatse Universiteit (UV), insluitend stadskoshuise, se huiskomitees uit protes uit hul koshuise getrek het, het gister skokgolwe oor die hoofkampus in Bloemfontein gestuur.

Luidens ’n brief van dié huiskomiteelede het dié protesaksie hoofsaaklik te doen met die inwerkingstelling van die integrasiebeleid.

Die UV-bestuur het verlede jaar bekend gemaak dat wit en swart studente van vanjaar af persentasiegewys in geïntegreerde koshuise geplaas sal word.

By Henry Cloete

More.