Tuesday, March 10, 2009

Liezel van der Westhuizen kan omtrent alles doen

Vir ’n man is daar nie nou tyd nie. Maar as sy wel eendag tyd kry, soek sy ’n la-a-a-ang man. “Ek weet nie of ek dit moet sê nie. Nou die dag het ek dit vir ’n tydskrif gesê en toe kry ek briewe!” roep sy laggend uit.

“Maar ja, ’n lang man. En ’n Christen. Dis baie, baie, baie belangrik.” Sy giggel. “En hy sal seker ook ’n over-achiever moet wees.”

Nee, sy grap sommer, sê sy. Eintlik is sy als behalwe die “perfekte hoofmeisie-tipe”.

As ma dít weet

Sy dink lank om aan ’n swakheid te dink, ’n fout, ’n swart merkie op daardie skitterblink rapport.

“Ek is onnet by die huis,” sê sy dan. “Naweke maak ek nie my bed op nie.” Sy val op haar sy op die bank neer en maak ’n piepgeluidjie. “Oe, my ma maak my dóód as sy dit lees!”

NVDL: Apparently she didn't miss a single day of her 12 years at school. Eintlik is sy als behalwe die “perfekte hoofmeisie-tipe”. Hmmm. She's looking for a tall man....en ’n Christen. Dis baie, baie, baie belangrik.” Sy giggel. “En hy sal seker ook ’n over-achiever moet wees." Maar...Eintlik is sy als behalwe die “perfekte hoofmeisie-tipe”.
clipped from jv.news24.com

Liezel van der Westhuizen kan omtrent alles doen. Op 29 is haar CV iets ysliks: toptien dit, topagt dat, sexyste dié, mooiste daai.

En dan nog ’n meestersgraad en, wag daarvoor, 12 jaar skoolbywoning sonder een dag afwesig.

Maar daar is een ding wat Liezel nié kan doen nie. Die Idols-aanbieder kan nie sing nie. “Glad nie, glad nie, glad nie,” skaterlag sy.

“Op laerskool wou ek met my hele hart koor sing. Ek het elke jaar vir die oudisie gegaan. Dan skud die juffrou net haar kop en sê: ‘Jy kan regtig nie sing nie’.”

Een jaar het ’n juffrou haar jammer gekry. “Toe sê sy goed, ek kan maar in die koor sing, maar dan moet ek net mime.”

Sy trek haar la-a-ang bene teen haar lyf op en lag soos ’n skaam skoolmeisie. “Toe’s ek maar die lang, maer girl wat mime heel agter in die koor.”

Daar was onlangs berigte dat kykers kla oor Liezel as aanbieder, maar sy steur haar nie daaraan nie.

Eintlik was sy as kind maar nes sy nou is, sê sy. “Baie vriendelik, baie gechat. Ek het baie gepraat in die klas.
 blog it

1 comment:

  1. hoe lank is Liezel? soos in meters en centimeters

    ReplyDelete