Tuesday, March 10, 2009

"Our country disgusts me" - South African

ALLANRIDGE (near Welkom). Talle inwoners het op die vergadering vertel van hul ondervindinge van swak polisiëring op die dorp.

Daar is vertel dat die telefone nie geantwoord word nie, dat polisievoertuie as taxi’s gebruik word, polisiemanne in die dag met polisievoertuie na hul huise ry waar dit dan vir ure staan, polisiebeamptes wat nie Afrikaans of Engels kan praat nie en ander wat nie kan skryf en spel om verklarings af te neem nie. - VOLKSBLAD

NVDL: I went to a Rosebank police station and took about an hour for the police officer to write a report for missing sunglasses. You do wonder if the police are not educated enough to spell and write properly, how on earth are they supposed to catch and apprehend, and outwit, crooks?
clipped from jv.news24.com

ALLANRIDGE. – Minder as ’n uur nadat dit bekend geword het dat die wrede aanval op twee vroue van die dorp sy tweede slagoffer geëis het, het die gemeenskap van Allanridge soos een man in die gemeenskapsaal saamgetrek om hul misnoeë met swak polisie- en munisipale dienslewering te kenne te gee.

Gemoedere het hoog geloop omdat die polisie nie hul telefoon Vrydagaand ten tyde van die aanval op mev. Alice Lotter (78) en haar dogter, mej. Helen Lotter (57), geantwoord het nie toe ’n buurvrou wat hulle hoor skreeu het, gebel het.

Toe sy eindelik deurkom, is vir haar gesê daar is nie ’n polisievoertuig beskikbaar nie. Die polisiekantoor is sowat ’n kilometer van die Lotters se huis.

Sy en haar ma is Vrydag omstreeks 23:30 vermoedelik deur twee mans, van wie een hul tuinhulp, oorval en wreed aangerand.

 blog it

No comments:

Post a Comment