We'll be seeing more and more of this sort of thing as people become more desperate and destitute to make a living. If you lose your home what do you think happens? Your standard of living drops precipitously. I will post an article soon that argues cogently that we are heading for a far worse scenario than the Great Depression. Very sobering, but it is best to be forewarned, right?
“Hier bly die mense soos varke en die varke soos...ek weet nie wat nie.”
So het sr. supt. Alta Fourie, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, gesê ná ’n klopjag die naweek op Westfort, die voormalige hospitaal vir melaatses in Pretoria-Wes.
Hulle het afgekom op ’n 14 maande oue babameisie wat met haar kaal boude op ’n yskoue sementvloer gesit het. Om haar was emmers en al haar ouers se besittings tot net onder die dak gestapel. Sy moes uit hul sorg verwyder word en is in ’n plek van veiligheid.
“Die situasie hier is skokkend,” het Fourie gesê.
“Daar is nie enige gesonde lopende drinkwater nie. Die water word in asblikke opgevang. Daar is nie eens elektrisiteit of aanvaarbare toiletgeriewe nie.”
Me. Veronica Theart, ’n inspekteur van die DBV, het gesê die toestande waarin die diere, veral die varke, aangehou word, is volgens die wet onaanvaarbaar en onhigiënies.
Die metropolisie het op talle kaste bier en daggaplante beslag gelê.
|
No comments:
Post a Comment