Thursday, September 10, 2009

IAAF may want ASA's Leonard Chuene's head over Caster saga as facts emerge

BEELD: Volgens Davies het mnr. Leonard Chuene, president van ASA, die laaste paar weke soveel onwaarhede rondom die IAAF se hantering van Semenya se saak verkondig dat dit beslis vir hom ’n verleentheid gaan word wanneer die feite bekend gemaak word.

LATEST: Semenya has no female organs.

Chuene gaan dalk geen keuse hê as om te bedank as president van ASA nie, het hy gesê. Davies het gesê dit is jammer dat ASA toegelaat het dat politici by die saak betrokke raak sonder dat hulle al die feite tot hul beskikking het.

Ongeag die uitslae sal Semenya die goue medalje behou wat sy in Berlyn gewen het, asook die $60?000 (sowat R450?000) vir haar eerste plek.

Hy het gesê daar is geen mediese toetse in Suid-Afrika op Semenya gedoen nie, ten spyte daarvan dat die IAAF dr. Harold Adams, die SA spandokter wat op die mediese paneel van die IAAF en ASA dien, opdrag gegee het om toe te sien dat dit gedoen word.

SHOOT: The plot thickens. My view was Chuene doth protesteth too much. Since no one could know the results of those tests, it would always have been prudent to say less, rather than make grandiose statements from a grandstand. Sure, you can win the popular vote throwing the racism card, but when the facts emerge, they're simply that - the facts.

From the article it seems Semenya is not co-operating or is not reachable, for the moment. That could change, and one expects we'll know more and know better soon.
clipped from www.beeld.com

Die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) wil dringend praat met Caster Semenya, Suid-Afrika se wêreldkampioen in die 800 m vir vroue, maar word skynbaar deur Atletiek Suid-Afrika (ASA) verhinder.

Die IAAF het gister bevestig hy het die uitslae van die geslagstoetse op Semenya ontvang.

Dit sal eers openbaar gemaak word nadat ander deskundiges dit ook bestudeer het en Semenya daaroor ingelig is.

Volgens Davies val versoeke van die IAAF aan ASA om met haar in verbinding te tree tot dusver op dowe ore.

“ASA se optrede kan ernstige gevolge vir Semenya inhou as ons nie binnekort met haar self kan praat nie. In kort kom dit daarop neer dat sy nie wil saamwerk nie.

“As dit ’n dwelmverwante probleem was, sou sy al lankal geskors gewees het, maar hierdie is ’n unieke probleem waarvoor die IAAF se reëls nie voorsiening maak nie. Dit is vir ons belangrik om met haar oor die uitslae van die toetse te gesels,” het Davies gesê.

blog it

No comments: